Library Portal | UWC Portal | National ETDs | Global ETDs
    • Login
    Contact Us | About Us | FAQs | Login
    View Item 
    •   ETD Home
    • Faculty of Arts
    • Department of Geography, Environmental & Tourism Studies (GETS)
    • Magister Artium - MA (Geography, Environmental & Tourism Studies)
    • View Item
    •   ETD Home
    • Faculty of Arts
    • Department of Geography, Environmental & Tourism Studies (GETS)
    • Magister Artium - MA (Geography, Environmental & Tourism Studies)
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    ‘n Geografiese ondersoek na die potensiaal van die informele sektor as werkverskaffer: 'n gevallestudie van Paarl

    Thumbnail
    View/Open
    Masters (3.416Mb)
    Date
    2000
    Author
    Smith, Rufane
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die knaende vraag na werksgeleenthede in Suid-Afrika, maar ook in Paarl hou verband met die feit dat daar 'n relatief groot surplusbevolking bestaan, wat tydens die periode van kapitaalakkumulasie in Suid(elike) Afrika nie volkome in produksie geabsorbeer kon word nie. Die wortels van hierdie situasie lê gebed in die dinamika van periferale kapitalisme, maar dit reflekteer ook gedeeltelik sekere dimensies van die patroon van rasse-strukturering wat kapitalistiese ontwikkeling in die sub-kontinent gevolg het. Die chroniese probleem van strukturele werkloosheid en armoede kan dus geplaas word teen die implikasies van die bestaande patrone van arbeidsurplus in Suid(elike) Afrika. Volgens die Universiteit van Stellenbosch se Instituut vir Toekomsnavorsing (Koch, 1991) was 4,3 miljoen Suid-Afrikaners in 1985 óf tydelik in diens, óf werkloos. Dit is vanselfsprekend dat die situasie net sou verger, want die steeds groeiende bevolking van Suid-Afrika impakteer ook op die probleem van werkloosheid en armoede. Ekonome is ook van mening dat die ontwikkeling van kleinsake-aktiwiteit en entrepreneurskap kan lei tot ekonomiese groei, en dat die probleem van werkloosheid hierdeur aangespreek kan word. Die geweldige groei van kleinsake- aktiwiteit - in 1994 was 1,574 miljoen mense reeds ekonomies aktief in die informele sektor (CSS, 1995:41) - gee 'n aanduiding van die rol van die informele sektor tot ekonomiese groei. Gegee dat die sektor nie veel formele opvoedkundige opleiding vra nie, en dat die besigheid gewoonlik deur die familie/gesin besit word, bestaan die persepsie dat betrokkenheid in informele ekonomiese aktiwiteite 'n "kommervrye", maartog 'n ekonomies-winsgewende besigheid is.
    URI
    http://hdl.handle.net/11394/7485
    Collections
    • Magister Artium - MA (Geography, Environmental & Tourism Studies)

    DSpace 6.3 | Ubuntu | Copyright © University of the Western Cape
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV
     

     

    Browse

    All of RepositoryCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    Login

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace 6.3 | Ubuntu | Copyright © University of the Western Cape
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV