Library Portal | UWC Portal | National ETDs | Global ETDs
    • Login
    Contact Us | About Us | FAQs | Login
    View Item 
    •   ETD Home
    • Faculty of Education
    • Philosophiae Doctor - PhD (Education)
    • View Item
    •   ETD Home
    • Faculty of Education
    • Philosophiae Doctor - PhD (Education)
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Besluitnemingsvaardighede: 'n Sielkundig-andragogiese perspektief

    Thumbnail
    View/Open
    PhD (143.4Mb)
    Date
    1995
    Author
    Strydom, Irene
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die volwassene wat 'n professionele beroep beoefen, vervul nie net die rol van professionele beroepsbeoefenaar nie, maar is ook 'n voltydse leerder (student); tuisteskepper en landsburger. Hierdie verskillende rolle kan só veeleisend raak dat die volwassene oorweldig voel en in spanningsituasies of te midde van 'n vol program, onvanpaste besluitnemingstrategieë aanwend. Die openbaring van onvanpaste besluitnemingsgedrag sluit in die onvermoë om • die kern van die probleem te formuleer • alternatiewe te genereer en te evalueer • die besluit te neem, te implementeer en te evalueer 'n Empiriese ondersoek is onderneem om te bepaal watter besluitnemingstrategieë deur professionele volwassenes bemeester behoort te word en of die andragoog die volwassene tydens die afhandeling van die besluitnemingsproses moet bystaan. Die faktore wat 'n rol by besluitneming speel, is ook behandel. Die navorser se eie voorstelling van die besluitnemingsproses, wat as opsomming van die literatuurstudie beskou kan word, is as raamwerk gebruik om vrae te genereer wat in die vraelys opgeneem kon word, asook om onderhoude te voer. Die belangrikste gevolgtrekking van die ondersoek is dat professionele volwassenes tydens die besluitnemingsproses op ondersteuning aangewese is en dat besluit nemingskonflik verlig kan word indien 33 belangrike besluitnemingsvaardighede bemeester is. Verder is gevind dat daar beduidende verskille is ten opsigte van die besluitnemingsvermoë van die agt verskillende beroepsgroepe wat by hierdie navorsing betrek is, asook tussen manlike en vroulike respondente en Afrikaanssprekende en Engelssprekende respondente. Die algemene gevolgtrekking waartoe gekom is, is dat sommige professionele volwassenes onderpresteer wat besluitneming betref en dat hulle in besonder op begeleiding aangewese is. Die andragoog wat as besluitnemingskonsultant optree, sal hom dit spesifiek ten doel stelom sy medevolwassene wat ontoereikende besluitnemingsgedrag openbaar, te begelei tot die vorming van 'n realistiese besluitnemingsidentiteit. Verder word 'n nuwe, meer omvattende uiteensetting van die besluitnemingshandeling vanuit die Sielkundige Opvoedkunde voorgestel wat ten doel het om 'n meer indringende beskrywing van dié konatiewe handeling daar te stel as wat tans in die opvoedkundige sielkundige teorie te vind is.
    URI
    http://hdl.handle.net/11394/8543
    Collections
    • Philosophiae Doctor - PhD (Education)

    Related items

    Showing items related by title, author, creator and subject.

    • Thumbnail

      An intelligent vertical handoff decision algorithm in next generation wireless networks 

      Gyekye, Yaw Nkansah (2010)
      Seamless mobility is the missing ingredient needed to address the inefficient communication problems faced by the field workforces of service companies that are using field workforce automation solutions to streamline and ...
    • Thumbnail

      An intelligent vertical handoff decision algorithm in next generation wireless networks 

      Nkansah-Gyekye, Yaw (University of the Western Cape, 2010)
      The objective of the thesis research is to design such vertical handoff decision algorithms in order for mobile field workers and other mobile users equipped with contemporary multimode mobile devices to communicate ...
    • Thumbnail

      Career indecision amongst undergraduate university students at an academic institution in the Western Cape 

      Goliath, Dané (University of the Western Cape, 2012)
      One of the most important decisions adolescents are confronted with in the transitioning period from high school to tertiary institutions, is making career decisions. Young adults and adolescents may experience high levels ...

    DSpace 6.3 | Ubuntu | Copyright © University of the Western Cape
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV
     

     

    Browse

    All of RepositoryCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    Login

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace 6.3 | Ubuntu | Copyright © University of the Western Cape
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV