Show simple item record

dc.contributor.advisorVan Rensburg, J. A. J.
dc.contributor.authorSchlebusch, B. J.
dc.date.accessioned2021-11-05T09:11:41Z
dc.date.available2021-11-05T09:11:41Z
dc.date.issued1948
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/8557
dc.descriptionPhilosophiae Doctor - PhDen_US
dc.description.abstractElke skolier wat rue tevrede is om dit op skool slegs met lepels in te kry nie, het seker al gewonder hoe kennis oorspronklik verkry word. In daardie stadium is ons gewoonlik nog tevrede om die feite wat die onderwyser aan ons voorlê, of wat ons in die boeke gelees het, op gesag aan te neem. Maar selfs dan toets ons dikwels daardie gesag deur gewone en terloopse waarnemings. Byvoorbeeld: in die fisika leer ons dat as ons 'n groot en 'n klein klippie gelyktydig van enige hoogte laat val, hulle ook gelyktydig op die aarde sal beland as daar nie met die een klip intussen iets gebeur het wat nie met die ander klip gebeur het nie: met ander woorde as aIle faktore gelyk gebly het. Toe ons van hierdie gelyk-vallende klippies gehoor het, het party van ons op 'n dubbelverdieping gebou, of selfs op die dak van die buitegebou, opgeklim en die twee klippies self laat val om na te gaan of dit werklik so was. En hiermee het ons 'n eenvoudige eksperiment uitgevoer om te toefs of die hennis wat ons geleer het wel reg was. Dit was 'n eenvoudige eksperiment omdat die invloed van die lugdruk, en van die wind wat waai en 'n groter uitwerking op die groot klip het as op die klein klippie, buite rekening gehou is by die waarneming. Ons het ook net van ons oë gebruik gemaak om te kyk of die twee klippe gelyktydig op die aarde beland. Maar as ons middels kon aangewend het om die invloed van die genoemde twee faktore te bepaal, sou dit 'n meer presiese eksperiment gewees het en nie 'n terloopse waarneming nie. Sulke presiese eksperimente word in die laboratorium uitgevoer met die doelom betroubare kennis te kry. Die soort wetenskaplike kennis wat ons op skool leer, is reeds in die verlede deur navorsers vasgestel, en hulle bevindings is nou beskikbaar vir ons in teksboeke. Hulle eksperimente was bedoel om op nuwe kennis uit te kom. Maar die student wat sy verstand gebruik is nie noodwendig tevrede met gesag nie; hy wil self graag eksperimente maak om te sien of wat die gesag beweer werklik so is. Sy eksperimente is bedoel om eerstens te toets of die ander navorsers se resultate reg is, en tweedens 0111 hom oefening te gee met die uitvoering van eksperimente. Navorsers werk op wetenskaplike manier om nuwe kennis te verkry. Dit word vertel dat Newton S)' idee van die aantrekkingskrag van die aarde gekry het toe hy 'n appel sien val het, en dat Archimedes die idee van sy wet: dat voorwerpe in water van hulle gewig verloor, en dat die gewig wat daardie voorwerpe verloor gelykstaan aan die gewig van die volume water wat deur die voorwerpe verplaas word, gekry het terwyl hy besig was om te bad. Waarheid is dat albei allank besig was om oor hulle probleme na te dink en na te soek, en dat toe Newton die appel sien val het en Archimedes die gedagte in die. bad gekry het, dit feite was wat by vorige kennis aangesluit het. Hulle was egter nie daarmee alleen tevrede nie; daarna het albei die gedagte gaan toets .met wetenskaplike proefnemings om op kennis uit te kom. Die proefnemings en wetenskaplike navorsing kan jare en jare se harde werk vereis het. Om die eerste atoombom te laat ontplof het tientalle wetenskaplikes en duisende geskoolde assistente en werksmense jare se werk gekos. So het dit ook baie jare geverg om vas te stel dat mense wat siek word nie getoor is nie maar dat, byvoorbeeld, kieme 'n groot rol kan speel byeen of ander siekteverskynsel; en dit weer het ons aan die wetenskaplike navorsingsmetodes van 'n Pasteur te danke. Die verslag valt wetenshaplilu: navorsers se werk is nou ons wetenskaplike literatuur. Hierdie mense wat 'n eksperiment vir die eerste keer gemaak het, het dit nie gedoen om te toets of ander mense se feite korrek is nie, maar om uit te kom op oorspronklike feite van hul eie. In die Sielkunde is die basis vir die metodes van ondersoek dieselfde as vir ander wetenskappe. Daar is die noodsaaklikheid om deur middel van wetenskaplike proefneming op nuwe kennis uit te kom. Om dit te kan doen moet 'n mens eers leer hoe om 'n proefneming in te rig en moet jy voldoende oefening kry met proefnemings. As studente is dit vir ons 'n vereiste om die verskillende verskynsels self te kan ondersoek en later miskien self op nuwe kennis uit te kom en, wie weet, self een of ander oorspronklike bydrae te maak. Maar dan moet ons weet hoe om 'n eksperiment of ondersoek uit te voer. Om dit geleerd te stel: Ons moet die objektiewe metodes van 'n wetenskaplike eksperiment beheer; ons moet weet hoe om 'n proefneming in te rig.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectSielkundeen_US
dc.subjectEksperimenten_US
dc.subjectVeronderstelen_US
dc.subjectDoelstellingen_US
dc.subjectMatesisen_US
dc.subjectLatynseen_US
dc.subjectIntelligensietoetsen_US
dc.subjectLaboratoriumen_US
dc.titleInleiding tot die eksperimentele Sielkundeen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record