Show simple item record

dc.contributor.advisorPrins, F.X.
dc.contributor.authorJansen van Rensburg, B.G
dc.date.accessioned2022-05-23T10:06:31Z
dc.date.available2022-05-23T10:06:31Z
dc.date.issued1980
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/9112
dc.descriptionMagister Scientiae Dentium - MSc(Dent)en_US
dc.description.abstractMondbiologie as onafhanklike vak in die Republiek van Suid-Afrika het die eerste babatreë geneem op 'n senaatsvergadering van die Universiteit van Stellenbosch op 26 Maart 1971 toe die instelling van 'n Departement Mondbiologie goedgekeur is. Die skrywer is op 1 Januarie 1972 aangestel as hoof van die nuutgestigte departement in die Fakulteit Tandheelkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Die ontwikkeling van die vak, veral aan Afrikaanse universiteite, is in die verlede geknel deur die afwesigheid van Afrikaanse handboeke en, in steeds groeiende mate, deur die styging van die pryse van boeke. 'n Verdere remmende faktor is dat geen enkele bestaande handboek 'n oorsig gee van die meeste aspekte van mondbiologie nie. Die motivering vir die opstel van hierdie boeke (Deel I en Deel II) lê daarin dat dit wenslik is dat 'n Afrikaanstalige handleiding in die vak bestaan. Hierdie boeke het hulontstaan gehad in lesingsaantekeninge wat die skrywer oor baie jare saamgestel en probeer verbeter het. In die opstel hiervan is gepoog om materiaal uit verskillende bronne te versamel. Die leser sal gou agterkom dat geen spesifieke verwysings in die hoofinhoud aangegee word nie, maar wel algemene verwysings aan die einde van elke hoofstuk. Ook aan die einde van elke hoofstuk is 'n lys vrae •. Daar word van studente verwag om die vrae uit te werk, hoofsaaklik met behulp van hierdie handleiding en, indien nodig, met verwysing na bronne wat genoem word en in die tandheelkundebiblioteek beskikbaar is. Die inhoud van Boek I dien as inleiding tot mondbiologie en handel hoof= saaklik oor algemene aspekte van embriologie, fisiologie, makro- en mikroanatomie van die mond, sy inhoud en die sisteme wat daarmee verband hou. Die skrywer voel dat hierdie kennis 'n voorvereiste is vir 'n meer toe= gepaste studie van 'n tand en sy omgewing soos weergegee in Boek II. Soos in alle pionierspogings kom daar waarskynlik foute in hierdie werk voor. Die skrywer spreek by voorbaat sy spyt hieroor uit en wil dit graag onder die aandag van die leser bring dat die onderwerpe geselekteer is om so 'n wye veld soos moontlik te dek met inagneming van die beperkte kursusduur. Mnr. P.F. de Klerk, Senior Onderwyser in Afrikaans aan die Hoërskool D.F. Malan te Bellville, was verantwoordelik vir die taalversorging. Hier=voor is die skrywer opregte dank aan hom verskuldig. Vir haar toegewyde andag aan die tikwerk verbonde aan hierdie boeke wil ek baie graag my innige dank aan mev. C.F. du Toit bring. Mnr. A. Louw, Grafiese Kunste=naar, het die titelbladsye ontwerp. Hiervoor bedank ek hom.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectEukariotieseen_US
dc.subjectHidrofiliesen_US
dc.subjectHidrofobiesen_US
dc.subjectRetikulum (ER)en_US
dc.subjectMitochondrieen_US
dc.subjectPinositoseen_US
dc.subjectEpiteelweefselen_US
dc.subjectBindweefselen_US
dc.subjectSpierweefselen_US
dc.subjectSenuweefselen_US
dc.titleMondbiologieen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record