Show simple item record

dc.contributor.advisorHeyns, P.M.
dc.contributor.authorLaubscher, Leswin Robert
dc.date.accessioned2021-11-25T09:09:03Z
dc.date.available2021-11-25T09:09:03Z
dc.date.issued1991
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/8588
dc.descriptionMagister Artium (Social Work) - MA(SW)en_US
dc.description.abstractJulian Rotter (1966, 1975) het die persoonlikheidskonstruk lokus van kontrole beskryf as die mate waartoe.die individu glo dat versterking die gevolg is van sy eie gedrag (interne lokus van kontrole) of die gevolg is van gelukkige toeval, kans, of die noodlot (eksterne lokus van kontrole) . Sedert Rotter (1966) die konstruk "lokus van kontrole" gedefinieer en as integrale komponent van sy sosiale leerteorie voorgestel het, het velerlei navorsers ook hierdie konstruk indringend ondersoek en met talle aspekte in verband probeer bring. Een van die veranderlikes wat veral aandag geniet het, is akademiese prestasie en die verband wat ditmet lokus van kontrole sou toon. Alhoewel daar nie ooreenstemming bestaan met betrekking tot hierdie verband nie, blyk dit asof die meerderheid navorsers wel bevind dat 'n interne lokus van kontrole verband hou met hoê akademiese prestasie (byvoorbeeld Kishor, 1983; Maqsud, 1980; Messer, 1972). Verskeie tersiêre inrigtings (waaronder die Universiteit van Wes-Kaapland, waar hierdie studie beslag vind) bied dan ook studiebegeleidingsprogramme aan ten einde studente van studievaardighede te voorsien wat hulle in staat sou stelom akademies beter te presteer. Hierdie programme neem egter selde persoonlikheidsveranderlikes in aanmerking en fokus veel eerder op die verskaffing van studiewenke en -vaardighede. Hierdie studie het dus In unieke studiebegeleidingsprogram probeer ontwerp wat In interne lokus van kontrole by die deelnemende proefpersone wil bevorder. Dit is dan die primêre studiebegeleidingsprogram van die U.W.K. te evalueer ten opsigte van die invloed daarvan op die persoonlikheidskonstruk lokus van kontrole by die deelnemende proefpersone. Sekondêre doelstellings behels die volgende ii) om die samehang tussen die konstruk lokus van kontrole met die volgende veranderlikes te bepaal: a) Geslag b) Geografiese herkoms, naamlik plattelandse vs. stedelike studente • c) Ouderdom d) Sosio-ekonomiese status e) Studierigting f) Taalgroep g) Politieke betrokkenheid, organisatoriese affiliasie en organisatoriese betrokkenheid h) Akademiese prestasie i) Akademiese studiejaar iii) om vergelykings te tref met Westerse navorsingsbevindinge Die huidige studie was ondersoekend van aard weens die afwesigheid van soortgelyke voorafgaande navorsing. In Voortoets-natoets kontrole groep-ontwerp is gebruik om die verband tussen lokus van kontrole en die studiebegeleidingsprogram na te vors. Altesaam Proefpersone het aan die ondersoek deelgeneem Collins (1974) se aanpassing van Rotter (1966) se interneeksterne lokus van kontrole skaal is as meetmiddel gebruik. Herdie skaal het deel gevorm van In vraelys wat ook informasie ingewin het omtrent die persoon huistaal, studiedoelstellings, se geslag, politieke studentestatus, betrokkenheid, betrokkenheid, organisatoriese affiliasie, organisatoriese akademiese prestasie en geografiese herkoms. Die resultate van die huidige navorsing het aangedui dat daar geen beduidende verband bestaan tussen die lokus van kontrole geneigdheid van die proefpersone en die ervaring van die studiebegeleidingsprogram nie. Die huidige navorsing het voorts geen verband gevind waar dit die samehang van lokus van kontrole en die veranderlikes van geslag, geografiese herkoms, ouderdom, sosio-ekonomiese status, studierigting, taalgroep, politieke affiliasie, en organisatoriese betrokkenheid aangaan nie. Beduidende verbande is wel bespeur ten opsigte van die lokus van kontrole-tellings van manlike en vroulike proefpersone wat In Afrika-taal besig, asook ten opsigte van die veranderlikes politieke betrokkenheid, akademiese prestasie en akademiese studiejaar. Hierdie bevindinge is bespreek met verwysing na die geneigdheid van die proefpersone en die ervaring van die studiebegeleidingsprogram nie. Die huidige navorsing het voorts geen verband gevind waar dit die samehang van lokus van kontrole en die veranderlikes van geslag, geografiese herkoms, ouderdom, sosio-ekonomiese status, studierigting, taalgroep, politieke affiliasie, en organisatoriese betrokkenheid aangaan nie. Beduidende verbande is wel bespeur ten opsigte van die lokus van kontrole-tellings van manlike en vroulike proefpersone wat In Afrika-taal besig, asook ten opsigte van die veranderlikes politieke betrokkenheid, akademiese prestasie en akademiese studiejaar. Literatuuroorsig, asook met inagneming van die unieke aard van die studentebevolking aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Die unieke suid-Afrikaanse sosio-politieke realiteit is ook in aanmerking geneem. Ten slotte word sekere aanbevelings gemaak met die oog op verdere navorsing .en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectKognitieween_US
dc.subjectTIPESen_US
dc.subjectTekenleeren_US
dc.subjectStimulus-responsleeren_US
dc.subjectKettingleeren_US
dc.subjectVerbale assosiasieen_US
dc.subjectDiskriminasieleeren_US
dc.subjectKonsepleeren_US
dc.subjectProbleem oplossingen_US
dc.subjectPassiewe Leesen_US
dc.subjectPassiewe Leesen_US
dc.subjectSoekend leesen_US
dc.subjectOorsigtelike leesen_US
dc.titleDie invloed van ‘n studiebegeleidingsprogram op die lokus van kontrole van studenteen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record