Show simple item record

dc.contributor.advisorLaurie, D.
dc.contributor.authorVan Wyk, Rodney Peters
dc.date.accessioned2020-11-17T13:33:13Z
dc.date.available2020-11-17T13:33:13Z
dc.date.issued1998
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/7500
dc.descriptionMagister Philosophiae - MPhilen_US
dc.description.abstractGedurende die Amama Periode vind daar belangrike gebeure plaas wat ingrypende veranderinge in die lewe van die Egiptiese mens teweeg gebring het. Na die dood van Akhenaten, is hierdie koning, wat bekendheid daarvoor verwerf het dat hy verantwoordelik was vir die veranderings wat in die Amama Periode plaasgevind het, tot ketter verklaar en is daar 'n terugkeer na die ou orde (Ortodoksie). Daar bestaan ook 'n "Restorasie Stele", wat opgestel is deur Tutankhamun ('n koning wat na Akhenaten aan bewind gekom het) waarin die opmerking gemaak word dat Ma'at nou weer herstel is. Dit is teen hierdie agtergrond dat ons met hierdie studie probeer om vas te stelof die veranderinge gedurende die Amama Periode sodanig was dat dit die verstaan van Ma 'at kon beïnvloed het. Daarmee saam salons moet vra of Ma'at die potensiaal gehad het om te verdwyn. Het die konsep Ma'at werklik verdwyn, of was daar dalk 'n verarming of selfs 'n verryking van die konsep Ma'at gedurende die Amama Periode? Die vraag is belangrik, omdat 'n verandering in die verstaan van Ma'at ingrypende verandering in die Egiptiese samelewing kon impliseer. Op byna elke terrein van die Egiptiese kultuur wat bestudeer word, kom Ma'at na vore. Dit wil dan lyk asofMa'at onlosmaaklik met die totale lewensstyl van die antieke Egiptenaar verbind was. Daar sou dus nie van 'n verandering in betekenis of van 'n verdwyning van Ma'at gepraat kan word sonder dat die samelewing ook daardeur geraak sou word nie. Geleerdes het dikwels die betekenis van Ma'at verklaar vanuit die spesifieke terrein en periode wat hy of sy bestudeer het. Dit mag dien as 'n verduideliking waarom verskillende betekenisse aan die begrip geheg is. Dit gebeur egter ook dat geleerdes wat dieselfde terrein bestudeer het, ook van mekaar verskiloor die betekenis van Ma'at. Daar is ook geleerdes wat die begrip Ma'at eenders verklaar het. Dit beteken egter nie dat menings oor die betekenis van Ma'at wat algemeen uitgespreek word voldoende is nie. Dit is duidelik dat geleerdes met ooreenstemmende menings oor Ma'at dikwels hierdie menings van mekaar oorgeneem het. Hoewel dit nie die fokus van ons studie sal wees nie, is dit tog belangrik dat ons ook die verskille sal uitwys. Dit sal ons in staat stelom vas te stelof daar 'n verandering in betekenis plaasgevind het en of Ma'at gedurende hierdie periode "verdwyn" het. Dit is ook belangrik dat ons sal aandag skenk aan die moontlikheid dat en die omstandigheid waaronder gode sou kon verdwyn. Ons sal moet vasstelof die omstandighede in die Amama Periode sodanig was dat Ma'at, wat ook 'n godin was, kon verdwyn het. Aangesien die konsep Ma'at onlosmaaklik verbind was met die samelewing, moet die rol van die koning, wat in beheer was van daardie samelewing, in ag geneem word. Dit is immers ook die koning wat hierdie veranderinge in die Arnarna Periode veroor-saak het en dit is dus belangrik dat ons sal weet wat die koning se rol ten opsigte van Ma'at was.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of Western Capeen_US
dc.subjectAmama periodeen_US
dc.subjectRestorasie steleen_US
dc.subjectEgypten_US
dc.subjectMa'aten_US
dc.subjectAkhenatenen_US
dc.titleMa'at in Egipte en veranderinge in die Amarna periodeen_US
dc.rights.holderUniversity of Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record