Show simple item record

dc.contributor.advisorVan Rensburg, J. A. J.
dc.contributor.authorSchlebusch, B. J.
dc.date.accessioned2024-08-02T08:58:16Z
dc.date.available2024-08-02T08:58:16Z
dc.date.issued1948
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/10884
dc.descriptionMagister Artium (Psychology) - MA(Psych)en_US
dc.description.abstractElke skolier wat rue tevrede is om dit op skool slegs met lepels in te kry nie, het seker al gewonder hoe kennis oorspronklik verkry word. In daardie stadium is ons gewoonlik nog tevrede om die feite wat die onderwyser aan ons voorlê, of wat ons in die boeke gelees het, op gesag aan te neem. Maar selfs dan toets ons dikwels daardie gesag deur gewone en terloopse waarnemings. Byvoorbeeld: in die fisika leer ons dat as ons 'n groot en 'n klein klippie gelyktydig van enige hoogte laat val, hulle ook gelyktydig op die aarde sal beland as daar nie met die een klip intussen iets gebeur het wat nie met die ander klip gebeur het nie: met ander woorde as aIle faktore gelyk gebly het. Toe ons van hierdie gelyk-vallende klippies gehoor het, het party van ons op 'n dubbelverdieping gebou, of selfs op die dak van die buitegebou, opgeklim en die twee klippies self laat val om na te gaan of dit werklik so was. En hiermee het ons 'n eenvoudige eksperiment uitgevoer om te toefs of die hennis wat ons geleer het wel reg was. Dit was 'n eenvoudige eksperiment omdat die invloed van die lugdruk, en van die wind wat waai en 'n groter uitwerking op die groot klip het as op die klein klippie, buite rekening gehou is by die waarneming. Ons het ook net van ons oë gebruik gemaak om te kyk of die twee klippe gelyktydig op die aarde beland. Maar as ons middels kon aangewend het om die invloed van die genoemde twee faktore te bepaal, sou dit 'n meer presiese eksperiment gewees het en nie 'n terloopse waarneming nie. Sulke presiese eksperimente word in die laboratorium uitgevoer met die doelom betroubare kennis te kry. Die soort wetenskaplike kennis wat ons op skool leer, is reeds in die verlede deur navorsers vasgestel, en hulle bevindings is nou beskikbaar vir ons in teksboeke. Hulle eksperimente was bedoel om op nuwe kennis uit te kom. Maar die student wat sy verstand gebruik is nie noodwendig tevrede met gesag nie; hy wil self graag eksperimente maak om te sien of wat die gesag beweer werklik so is. Sy eksperimente is bedoel om eerstens te toets of die ander navorsers se resultate reg is, en tweedens 0111 hom oefening te gee met die uitvoering van eksperimente.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectAfrikaanse vakliteratuuren_US
dc.subjectSielkundeen_US
dc.subjectStellenboschen_US
dc.subjectEenvoudige eksperimenten_US
dc.titleInleiding tot die eksperimentele sielkundeen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record