Show simple item record

dc.contributor.advisorBoshoff, ELD
dc.contributor.authorFischer, Marie
dc.date.accessioned2020-11-12T11:54:59Z
dc.date.available2020-11-12T11:54:59Z
dc.date.issued1997
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/7474
dc.description>Magister Scientiae - MScen_US
dc.description.abstractDie grondgedagte vir hierdie studie spruit voort uit die verantwoordelikheid van die verpleegdosente om die vermoëns van studentverpleegkundiges tot selfgerigte studie te ontwikkel. Selfgerigte studie vereis onder andere, die vermoë om inligting te kan vind, te verwerk, en toe te pas in die praktyk. Hierdie vaardighede is essensiële voorvereistes vir onafhanklike professionele praktisering. Die ontwikkeling van die genoemde vaardighede impliseer 'n multi-dimensionele benadering wat die student in totaliteit aanspreek. Voorts vereis dit nougesette betrokkenheid van die student by sy/ haar studies. Laasgenoemde veronderstel, onder andere, egter dat studente oor sekere essensiële vaardighede, in verband met leer en studie, beskik. Uit die literatuur blyk dit duidelik dat sekondêre onderwys, oor die algemeen, studente nie voldoende voorberei vir tersiêre onderwys nie. Deur middel van hierdie studie wou die navorser dus antwoorde probeer vind op die vraag of studenteverpleegkundiges behoeftes ervaar aan leiding met betrekking tot spesifiek geïdentifiseer studievaardighede, die leiding wat verskaf word en of daar leemtes bestaan in die leiding wat studente reeds ontvang. Nadat die studieterrein afgebaken is, is verskillende terme en begrippe, grondliggend tot die studie, omskryf en in perspektief gestel. Hoofstuk twee is gewyaan 'n bespreking van die konsepte leer, -probleme en studie binne die perspektief van hierdie studie, asook verbandhoudend relevante begrippe. Aandag is in die daaropvolgende twee hoofstukke geskenk aan, onderskeidelik, spesifieke stud ievaardighede verbandhoudend tot die versameling van inligting en studievaardighede verbandhoudend tot die benutting van inligting.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of Western Capeen_US
dc.subjectInter aliaen_US
dc.subjectKurrikulumen_US
dc.subjectVerpleegstudenteen_US
dc.subjectKwalitatieween_US
dc.subjectMetakognisieen_US
dc.subjectLeidingen_US
dc.title'n Ondersoek na die behoeffes van studentverpleegkundiges met betrekking tot die ontwikkeling van basiese studievaardighede.en_US
dc.rights.holderUniversity of Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record