Show simple item record

dc.contributor.advisorBak, Nelleke
dc.contributor.authorMinnaar, Wlliam Henry
dc.date.accessioned2023-06-23T07:50:53Z
dc.date.available2023-06-23T07:50:53Z
dc.date.issued1999
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/10337
dc.descriptionMagister Educationis - MEden_US
dc.description.abstractIn hierdie mini -tesis ondersoek ek die verskille en ooreenkomste, tussen die wetli ke regte van Blanke , Kleurling en Swart onderwysers, wat bestaan het vanaf die tydperk 1963- 1996. Ek argumenteer dat hierdie verskille hoofsaaklik gebaseer is op die konsep van onderdrukking van die Kleurlinge en Swartes. In die Inleiding stel ek dit duidelik dat ek met onderwysers se wetlike regte werk, wat betrekking het op hul verhouding met 'n onderwysdepartement. Dit is gedoen omdat die konsep van regte so wyd is. Om hierdie rede wys ek uit dat sekere pligte, verantwoordeli khede en prosedures noodsaaklik is, ten einde aanspraak te maak op 'n reg. In die eerste deel van my mini-tesis bespreek ek die ou wetgewing wat aanvank lik gebaseer was op segregasie in sy hi storiese konteks. Ek argumenteer dat hierdie historie se prosesse, met sy segregasie maatreels, voor 1948 die fondament vir Apartheidswetgewing gele het om te diskrimineer tusse n Blankes, Kleurlinge en Swartes. V oor die bespreking van die wetgewing gee ek in hoofstuk 1 'n agtergrond van die historiese prosesse wat as basis gedien het vir Apartheidswet gewing. Die gevolge van aparthe id i s ook deel van die bespreking. In hoofstuk 2 bespreek ek die Apartheidswetgewing, wat in die verskillende Onderwyswette vir Blankes, Kleurlinge en Swartes. As 'n gevolg van hierdie wette gee , ek in hoofstuk 3 'n uiteensetting van die verskillende wetlike regte vir Blanke, Kleurling en Swart o nderwysers ontwikkel het. In aansluiting hierby, bespreek ek in hoofstuk 4 die ooreenkomste en verskille in die wetlike regte van onderwysers volgens die konsep van segregasie . Hierdie verskille en ooreenkomste kan beskou word as 'n direkte uitvloeisel van Apartheidswetgewing na 1948. In die tweede deel van my mini-tesis, bespreek ek die nuwe wetgewing aan die hand van demokrasie en gelykheid. Ek argumenteer dat hierdie nuwe wetgewing gemotiveer was deur die verset teen Apartheid. Om hierdie rede bespreek ek in hoofstuk 5 die konteks van verandering wat teweeg gebring was deur die versetbewegings teen Apartheid. Hierdie versetbewegings het beoog om wetgewing te demokratiseer in terme van segregasie en demokrasie. Ek argumenteer in hoofstuk 6 dat die nuwe Grondwet (1996) impliseer regte vir onderwysers in die vorm van menseregte vir almal. In hoofstuk 7 gee ek 'n uiteensetting van die Wet op Arbeidsverhoudinge (1995), wat die wetlike regte en werksomstandighede van onderwysers direk raak en wat verskil van die Apartheid Onderwyswetgewing. In hoofstuk 8 bespreek ek die Witskrifte vir Onderwys, waarin voorsiening gemaak word vir die transformasie proses in die onderwys, en wat verdere regte na die onderwysprofessie uitbrei. In die laaste hoofstuk gee ek 'n uiteensetting van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (1996) en argumenteer dat die wet daadwerklike pogings aanwend om die ongelykhede en verskille van die verlede in onderwys uit te wis, die wetlike regte van die onderwyser in die onderwys te beskerm, en om die onderwysstelsel te demokratiseer. Ek kom tot die gevolgtrekking dat die wetlike regte van onderwysers deur die nuwe Grondwet beskerm word, en dat dit nie sonder om demokratiese prosedures te volg, aangepas of verander kan word nie.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectKleurlinge en Swartesen_US
dc.subjectApartheidswetgewingen_US
dc.subjectonderwysersen_US
dc.subjectsegregasieen_US
dc.subjectargumenteeren_US
dc.titleDie verskille en ooreenkomste van die wetlike regte van blanke, kleurling, en swart onderwysers in Suid-Afrika vanaf 1963-1996en_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record