Show simple item record

dc.contributor.advisorRobinson, M.
dc.contributor.authorYoung, Catharina Maricke
dc.date.accessioned2022-10-25T08:54:14Z
dc.date.available2022-10-25T08:54:14Z
dc.date.issued2000
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/9379
dc.descriptionMagister Educationis - MEden_US
dc.description.abstractIn hierdie tesis argumenteer ek dat triangulasie 'n aksienavorser kan ondersteun en daartoe kan bydra om spanwerk tussen onderurysers te bevorder. Onderrig in Suid-Afrika word gekenmerk deur nuwe ondeffigstrategied, innovasie en 'n veranderende onderwysbeleid. Sulke strategieE en innovasie vereis dat onderwysers "oop" is vir die verandering. Die veranderingsproses veroorsaak angs en selfs vrees by die onderwysers, omdat daar van hulle verwag word dat hulle onderrigstrategiee sowel as hulle ingesteldheid, wat hulle oor die jare bekom het, moet verander. In die verlede het die onderwysstelsel daartoe bygedra dat onderw-vs van mekaar geisoleer was. Die nuwe onderigstelsel, daarenteen, poog om onden\ysers se klaskamers deur middel van ontwikkelingstaksering meer toeganklik vir hulle kollegas te maak. Daar is egter gevind dat dit nie in'n goeie gees deur alle onderwysers aanvaar word nie, omdat hulle die klaskamer as hulle persoonlike domein sien en selde. indien ooit, ander kollegas daarin toelaat. Deur middel van hierdie studie motiveer ek waarom triangulasie 'n manier bied om ondenv-vsers te help om hulle praktyke meer toeganklik vir hulle kollegas te maak en terselfdertyd te put uit persoonlike ondersteuning. Ek motiveer verder rvaarom ek dink dat triangulasie die potensiaal het om ondemysers te help om isolasie te oorkom en as 'n span saam te werk. Die benadering waarop die tesis gebaseer is, is aksienavorsing. Aksienavorsing poog om twee essensi€le beginsels te bevorder, naamlik om te verbeter en om deelnemend te wees. Ek het vir 'n ander aksienavorser, wie sy praktyk nagevors het, as triangulator opgetree. Ek het twee siklusse van die aksienavorsingsiklus in trvee afsonderlike projekte by tee skole in die Wes-Kaap voltooi. My ervaringe by hierdie twee skole word in die tesis bespreek. Hierdie studie het op twee vrae berus, naamlik, "Was ek as triangulator in staat om ondersteuning aan 'n medenavorser te bied?", en trveedens, "Het ek deur middel van triangulasie daarin geslaag om spanwerk tussen die twee van ons te bewerkstellig? Ek sluit af deur te argumenteer dat skole 'n klimaat van vertroue, oopheid en stabiliteit moet bevorder om sodoende ondenvysers te help om isolasie te oorkom en saam te werk tot voordeel van die hele skool.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectSuid-Afrikaen_US
dc.subjectAksienavorsingen_US
dc.subjectPost-Apartheiden_US
dc.subjectSuid-Afrikaanse skoleen_US
dc.subjectOutonomiteiten_US
dc.subjectTriangulasieen_US
dc.titleTriangulasie as'n aanbeveling vir spanwerk in aksienavorsingen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record