Show simple item record

dc.contributor.advisorYusuf, Yusuf
dc.contributor.authorJantjies, David Christian
dc.date.accessioned2021-09-02T11:05:53Z
dc.date.available2021-09-02T11:05:53Z
dc.date.issued1994
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/8415
dc.descriptionMagister Educationis - MEden_US
dc.description.abstractHierdie studie handeloor die aanwending van 'n trilogie van aksienavorsingsprojekte in 'n skool wat daartoe gelei het dat 'n outokratiese bestuurstyl in 'n koëperatiewe skoolbestuurstelsel verander is. Gegee die feit dat skoolbesluitneming grotendeels in die persoon van die skoolhoof gesentreer was, is daadwerklike pogings aangewend om alle betrokkenes in die besluitnemingsproses by Betel Skool vir Epileptici , Kuilsrivier, te betrek. Hierdie pogings het daartoe gelei dat die skoolhoof, personeellede, die Raad van Bestuur en die ouergemeenskap gesamentlike bestuurders van die skool geword het. Die gevolglike koëperatiewe skoolbestuur en gesamentlike verantwoordelikheid vir besluitneming het duidelik in veral die betrokkenheid van bestaande personeellede in die aanstelling van nuwe personeellede by die skool gemanifesteer. Waar hierdie verantwoordelikheid voorheen slegs op die skouers van die skoolhoof en die Raad van Bestuur gerus het, is personeellede met behulp van aksienavorsing in hierdie benoemingsproses betrek en vind geen aanstelling van personeellede tans plaas sonder die insette van die huidige personeel nie. Hierdie tesis beskryf voorts hoe die skool 'n eis van die Departement van Onderwys en Kultuur (Raad van Verteenwoordigers) gehanteer het dat dertien onderwysers geïdentifiseer moet word wat op 7 Augustus 1991 aan 'n protesoptog deelgeneem het. Dié opdrag is geïgnoreer en die Departement is met 'n georkestreerde teenreaksie van die skoolhoof, die personeel en die Raad van Bestuur gekonfronteer. Aksienavorsing is weer eens aangewend om hierdie intimiderende en hooghandige opdrag van die Onderwysdepartement wat die potensiaal gehad het om die dertien onderwysers te isoleer en aan die moontlikheid van ernstige dissiplinêre stappe bloot te stel, ter syde gestel te kry Hierdie werk toon dat dit moontlik is om met behulp van aksienavorsing, fundamentele veranderings in die bestuur van In skool aan te bring, te help met die demokratisering van besluitnemingsprosesse, die verskillende betrokkenes by die skool te bemagtig en nuwe betekenis te gee aan wat in die kantoor en klaskamers van die skool plaasvind.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectDepartment of Education Cultureen_US
dc.subjectHouse of Representatives (HOR)en_US
dc.subjectAfrican National Congress (ANC)en_US
dc.subjectFreedom Charteren_US
dc.subjectTeachers' League of South Africa (TLSA)en_US
dc.subjectEpilepticien_US
dc.subjectAristotelesen_US
dc.subjectPlatoen_US
dc.titleSkoolbesluitneming: Pogings van in skoolhoof tot verandering. in trologie van aksienavorsingsprojekteen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record