Die invloed van Kaaps op die skryfwerk van Afrikaanssprekende leerders
Abstract
Taalkundiges stel al ’n geruime tyd belang in die studie van taalverandering. Die huidige taaldebatte rakende taalverandering fokus oorheersend op taalvariëteite en die insluiting daarvan in die klaskamer. Studies toon dat variëteite van ’n taal dikwels gemarginaliseer word en nie genoeg erkenning in formele kontekste kry nie. Vervolgens word die gebruik van dialekte in opstelle beskou as ’n teken van informalisering wat weens dialek-inwerking geskied. Hierdie tesis wil met inagneming van demarginalisering, destigmatisering en erkenning van dialekvorme in die klaskamer ondersoek instel na die mate waarin Afrikaanssprekende leerders se skryfwerk deur Kaaps beïnvloed word asook hoe onderwysers tans, in die afwesigheid van formele riglyne, die gebruik van Kaaps in leerders se opstelle hanteer.