Show simple item record

dc.contributor.advisorHerman, H.O.
dc.contributor.authorBaartzes, Wesley Barry
dc.date.accessioned2020-11-12T10:46:45Z
dc.date.available2020-11-12T10:46:45Z
dc.date.issued1987
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/7468
dc.descriptionDoctor Educationisen_US
dc.description.abstract'n Waarheid wat dikwels aangehaal word is dat die onderwyser die spil is waarom die onderwys met al sy aspekte uiteindelik draai. Onderwysfasiliteite wat grootliks tot die sukses van die onderwysproses bydra, word wel voorsien, maar daar word dikwels gesê dat sonder die inspirerende aandeel van die entoesiastiese, bevoegde en toegewyde onderwyser daar geen sweem van ware onderwys kan wees nie. Die taak waarmee die onderwyser gemoeid is, was nog altyd swaar en veeleisende een. Die veranderinge - ekonomies, maatskaplik en kultureel - wat in resente tye in die lewens van landsburgers plaasgevind het, het egter groter eise aan die onderwyser gestel. Hierdie eise moet nietemin nagekom word as die skool sy funksie as 'n moderne instrument van onderwys wil vervul. 1 ) Om hierdie uitdagings die hoof te bied, het dit gebiedend noodsaaklik geword dat die onderwyser te alle tye 'n aanvaarbare status moet handhaaf , Statusverryking kan verkry word deur die voornemende onderwyser akademies goed toe te rus, hom aan die heilsame en opvoedende invloede van 'n omvattende opleiding vir 'n betreklike lang tydperk bloot te stel, aan die goedgekwalifiseerde onderwyser h kompeterende salaris te betaal en aan hom gunstige diensvoorwaardes en diensomstandighede te bied. 'n Bevredigende professionele werksklimaat vereis op sy beurt dat die onderwyser h gesonde gesindheid en houding teenoor die onderwys moet koester. Sy professionele optrede moet gekenmerk word deur hoedanig hede soos professionele aanspreeklilcheid, integriteit, trots, effektiwiteit, idealisme, gesag, kollegialiteit, altruïstiese dienslewering ring, die regte houding van diensbaarheid te handhaaf en waardigheid wat eerbied by ander sal wek. Verder behoort sy houding deur hoë ideale gelei en deur professionele etiek beinvloed te word. Om dit anders te stel: die onderwysowerheid se verantwoordelik heid is om die werksomstandighede te verskaf, terwyl die beroep self die klimaat skep waarin die onderwyser sy taak op so ~ wyse verrig dat die beroep in alle opsigte as 'n professie be stempel kan word .en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of Western Capeen_US
dc.subjectKollegialiteiten_US
dc.subjectIdealismeen_US
dc.subjectAltruïstieseen_US
dc.subjectEffektwiteiten_US
dc.subjectObjektiwiteiten_US
dc.subjectSubjektiwiteiten_US
dc.titlen’Kritiese studie ten-opsigte van die status van die plattelands’ onderwyser in die Ceres - Tulbagh gebieden_US
dc.rights.holderUniversity of Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record