Show simple item record

dc.contributor.advisorVan De Rheede, I
dc.contributor.authorSwartz, Annemarie Elize
dc.date.accessioned2020-11-16T14:02:52Z
dc.date.available2020-11-16T14:02:52Z
dc.date.issued1997
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/7488
dc.descriptionMagister Artium - MAen_US
dc.description.abstractDie soeke na effektiewe metodes om 'n tweede/derde taal te onderrig en leer, is al eeue lank 'n fokus van taalnavorsing. In die tweede helfte van hierdie eeu het die ontstaan van tweedetaalverwerwing as 'n spesifieke studiefokus gelei tot 'n beduidende verbreding van navorsing op die terrein van toegepaste en psigolinguistiek. Hierdie navorsing het 'n wye verskeidenheid tweedetaalonderrigmetodes opgelewer, maar min eenstemmigheid is bereik oor watter benadering as suksesvol beskou kan word. Wat wel algemeen aanvaar word, is dat geen universele model vir tweede-/derdetaalleer bestaan of ooit gevind sal word nie, aangesien elke groep taalleerders uniek is ten opsigte van hul hehoeftes en verwante omstandighede. Hierdie insig beklemtoon dat die gebruik van statistiese data wat uit empiriese ondersoeke verkry is om tot gevolgtrekkings te kom ten opsigte van effektiewe tweedetaalonderrig en -leer in die algemeen, ongeldig is. Dit verklaar die huidige neiging in tweedetaalnavorsing om eerder van kwalitatiewe metodes gebruik te maak in die vorm van aksienavorsing, waarvan die gevolgtrekkings minder veralgemeenbaar is, maar as meer geldig binne 'n spesifieke konteks beskou kan word. Hierdie studie maak gebruik van bogenoemde aksienavorsingsmetodes om die problematiek rondom die onderrig en leer van Afrikaans as derde taal aan te spreek. Die leerders wat as 'n heterogene teikengroep in hierdie studie dien, is swart volwasse studente met spesifieke behoeftes en gesindhede ten opsigte van die teikentaal en wat 'n verskeidenheid kulture verteenwoordig. Wat die groep wel in gemeen het, is 'n byna nul-kennis van Afrikaans - wat impliseer dat die term derde taal en vreemde taal in hierdie konteks as sinoniem gebruik kan word. Hierdie navorsing behels 'n omvattende literatuurstudie oor tweede- en derdetaalonderrig en -leer, wat die rol van kulturele en affektiewe faktore by tweedetaalverwerwing insluit. Op grond hiervan word 'n model vir die onderrig en leer van Afrikaans as derde taal voorgestel, beskryf en bespreek, gevolg deur 'n beskrywing van die praktiese implementering daarvan met die klem op die verskillende taalaktiwiteite wat gebruik is. Die kwalitatiewe data wat uit hierdie aksienavorsing verkry is, dui aan dat, binne die genoemde konteks en perke van hierdie studie, 'n aangepaste vorm van die sogenaamde kommunikatiewe benadering tot tweedetaalonderrig en -leer wel die taalbehoeftes van die gegewe teikengroep met welslae aangespreek het. Spesifiek is gevind dat formele taalonderrig 'n belangrike rol speel in dié benadering; dat kulturele en affektiewe faktore in ag geneem behoort te word by die keuse van kursusinhoud en die ontwerp van materiaal, en dat die taaldosent kennis behoort te neem van die verskillende kognitiewe prosesse en leerstyle wat leerders moontlik sal gebruik voordat op 'n spesifieke kursusstruktuur en didaktiese benadering besluit kan word Voorts word die gebruik van 'n modulêre/tematiese benadering ten opsigte van die ontwerp van kursusmateriaal aanbeveel om die leerders se belangstelling, motivering en taalvaardigheid te bevorder. Ten slotte word die noodsaaklikheid van 'n eklektiese model vir derdetaalonderrig en -leer bevestig, om die spesifieke behoeftes en unieke omstandighede van elke groep taalleerders te akkommodeer.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectAfrikaansen_US
dc.subjectLiteratuurstudieen_US
dc.subjectKwalitatieween_US
dc.subjectStatistieseen_US
dc.subjectKultureleen_US
dc.subjectEklektieseen_US
dc.title'n Eklektiese model vir die onderrig van Afrikaans as derde taal aan swart tersiêre leerdersen_US
dc.typeThesisen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US
dc.description.countrySouth Africaen


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record