Library Portal | UWC Portal | National ETDs | Global ETDs
    • Login
    Contact Us | About Us | FAQs | Login
    View Item 
    •   ETD Home
    • Faculty of Education
    • Philosophiae Doctor - PhD (Education)
    • View Item
    •   ETD Home
    • Faculty of Education
    • Philosophiae Doctor - PhD (Education)
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die voorligtingsbehoeftes van Sekondêre leerlinge in 'n benadeelde gemeenskap en die implikasies daarvan vir hul groepvoorligtingsprogram:'n opvolgstudie

    Thumbnail
    View/Open
    PhD (144.1Mb)
    Date
    1990
    Author
    Gouws, Andre
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie ondersoek is onderneem om die voorligtingsbehoeftes van leerlinge in sekondêre Kleurlingskole in Wes-Kaapland te bepaal en die implikasies daarvan vir hul groepvoorligtingsprogram aan te toon. Die navorser het ook die bevindings van die huidige ondersoek met die van sy meningsopnames in 1979 en 1983 vergelyk. 'n Literatuurstudie is aangewend om die aard, doelstellings en beginsels van groepvoorligting te kelingstake van die Westerse en Afrikaanse - adolessent te ondersoek, formuleer, die ontwikspesifiek die Suiden lig te werp op die spesifieke ontwikkelingsbehoeftes en -probleme waarmee Kleurlingjeugdiges te kampe het. Vraelyste deur leerlinge en skoolvoorligters voltooi, het die relevantheid van die amptelike program se groepvoorligtingsonderwerpe beoordeel, aangedui watter moontlik bestaande onderwerpe kan vervang of daarby gevoeg kan word, en kommentaar oor die inhoud en aanbieding van die huidige program gelewer. Ten opsigte van di,e~~rd van groepvoorligting is bevind dat die huidige Handleiding en Program slegs enkele vereistes toelig en dus hersien behoort te word om alle essensiale aspekte van voorligting te dek. Die afwesigheid van spesifieke dQelá!allinaá vir groepvoorligting in die amptelike handleiding voorsien nie die nodige riglyne aan voorligters vir hul taak nie, en dus is 'n reeks doelstellings in funksionele terme geformuleer. Havighurst (1972) se formulering van adolessente ontwikkelingstake, aangevul deur die navorsing van Burns (1988), kan as n bruikbare raamwerk vir die terrein van groepvoorligting gebruik word. Dis is voorgestel dat elke sekondêre standerd persoonlikheidsvoorligting, voorligting, opvoedkundige voorligting en voorligting behoort te ontvang. sosiale beroeps- Ten opsigte het die onderwerpe van die inhoud van 'n groepvoorligtings programliteratuurstudie onder andere aangetoon dat by die leerlinge se ontwikkelingsvlak en veranderende behoeftes aansluiting moet vind, die program buigsaam moet wees om by plaaslike vereistes te kan aanpas, en dat die klem op die bevordering van leerlinge se persoonlike waardestelsels behoort te val Dit het uit die resultate van die empiriese ondersoek geblyk dat beide leerlinge en voorligters die oorgrote meerderheid onderwerpe van die amptelike program as van besondere belang beskou. Weens die erns en omvang van die voorligtingsbehoeftes wat geIdentifiseer is, blyk egter 'n aansienlike uitbreiding van die program aangewese te wees. Binne elke standerd behoort 'n beperkte aantal "verpligte" onderwerpe aangebied te word, terwyl minstens die helfte van dievoorligtingstyd aan opsionele onderwerpe in ooreenstemming met leerlinggroepe se besondere behoeftes bestee behoort te word. Persoonlikheids- en sosiale voorligting enersyds en opvoedkundige en beroepsvoorligting andersyds moet die twee gelykwaardige komponente van so 'n program uitmaak Dié response van die leerlinge en voorligters stem in 'n hom mate met die van die vorige ondersoeke ooreen. n Veel groter sensitiwiteit ten opsigte van gemeenskaps probleme en interpersoonlike verhoudings, asook 'n sterker behoefte aan probleemoplossingsvaardighede en geslags- en beroepsvoorligting het egter geblyk. Dus is onder andere aanbeveel dat geslagsvoorligting as n afsonderlike program aangebied en die bestaande samewerking met privaat tingsinstansies voortgesit sal word. In verband met die aanbieding van groepvoorligtingslesse is die skep van 'n ontspanne atmosfeer, bevorderlik vir aktiewe leerlingdeelname, vrye meningswisseling en persoonlike meningsvorming, beklemtoon. Bepaalde administratiewe maatreels is voorgestel ten einde die sukses verseker. van 'n hersiene groepvoorligtingsprogram te help Verder is sekere aanbevelings gemaak om voorligters se professionele status te verhoog.
    URI
    http://hdl.handle.net/11394/8407
    Collections
    • Philosophiae Doctor - PhD (Education)

    DSpace 6.3 | Ubuntu | Copyright © University of the Western Cape
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV
     

     

    Browse

    All of RepositoryCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    Login

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace 6.3 | Ubuntu | Copyright © University of the Western Cape
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV