Library Portal | UWC Portal | National ETDs | Global ETDs
    • Login
    Contact Us | About Us | FAQs | Login
    View Item 
    •   ETD Home
    • Faculty of Dentistry
    • Department of Community Oral Health
    • Magister Scientiae Dentium - MSc(Dent) (Community Oral Health)
    • View Item
    •   ETD Home
    • Faculty of Dentistry
    • Department of Community Oral Health
    • Magister Scientiae Dentium - MSc(Dent) (Community Oral Health)
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Mondbiologie

    Thumbnail
    View/Open
    Thesis (102.0Mb)
    Date
    1980
    Author
    Jansen van Rensburg, B.G
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Mondbiologie as onafhanklike vak in die Republiek van Suid-Afrika het die eerste babatreë geneem op 'n senaatsvergadering van die Universiteit van Stellenbosch op 26 Maart 1971 toe die instelling van 'n Departement Mondbiologie goedgekeur is. Die skrywer is op 1 Januarie 1972 aangestel as hoof van die nuutgestigte departement in die Fakulteit Tandheelkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Die ontwikkeling van die vak, veral aan Afrikaanse universiteite, is in die verlede geknel deur die afwesigheid van Afrikaanse handboeke en, in steeds groeiende mate, deur die styging van die pryse van boeke. 'n Verdere remmende faktor is dat geen enkele bestaande handboek 'n oorsig gee van die meeste aspekte van mondbiologie nie. Die motivering vir die opstel van hierdie boeke (Deel I en Deel II) lê daarin dat dit wenslik is dat 'n Afrikaanstalige handleiding in die vak bestaan. Hierdie boeke het hulontstaan gehad in lesingsaantekeninge wat die skrywer oor baie jare saamgestel en probeer verbeter het. In die opstel hiervan is gepoog om materiaal uit verskillende bronne te versamel. Die leser sal gou agterkom dat geen spesifieke verwysings in die hoofinhoud aangegee word nie, maar wel algemene verwysings aan die einde van elke hoofstuk. Ook aan die einde van elke hoofstuk is 'n lys vrae •. Daar word van studente verwag om die vrae uit te werk, hoofsaaklik met behulp van hierdie handleiding en, indien nodig, met verwysing na bronne wat genoem word en in die tandheelkundebiblioteek beskikbaar is. Die inhoud van Boek I dien as inleiding tot mondbiologie en handel hoof= saaklik oor algemene aspekte van embriologie, fisiologie, makro- en mikroanatomie van die mond, sy inhoud en die sisteme wat daarmee verband hou. Die skrywer voel dat hierdie kennis 'n voorvereiste is vir 'n meer toe= gepaste studie van 'n tand en sy omgewing soos weergegee in Boek II. Soos in alle pionierspogings kom daar waarskynlik foute in hierdie werk voor. Die skrywer spreek by voorbaat sy spyt hieroor uit en wil dit graag onder die aandag van die leser bring dat die onderwerpe geselekteer is om so 'n wye veld soos moontlik te dek met inagneming van die beperkte kursusduur. Mnr. P.F. de Klerk, Senior Onderwyser in Afrikaans aan die Hoërskool D.F. Malan te Bellville, was verantwoordelik vir die taalversorging. Hier=voor is die skrywer opregte dank aan hom verskuldig. Vir haar toegewyde andag aan die tikwerk verbonde aan hierdie boeke wil ek baie graag my innige dank aan mev. C.F. du Toit bring. Mnr. A. Louw, Grafiese Kunste=naar, het die titelbladsye ontwerp. Hiervoor bedank ek hom.
    URI
    http://hdl.handle.net/11394/9112
    Collections
    • Magister Scientiae Dentium - MSc(Dent) (Community Oral Health)

    DSpace 6.3 | Ubuntu | Copyright © University of the Western Cape
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV
     

     

    Browse

    All of RepositoryCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    Login

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace 6.3 | Ubuntu | Copyright © University of the Western Cape
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV