Die swart vrou se reg om te erf
Abstract
Hierdie studie het ten doel die ondersoek na die Swart vrou se reg om te erf, met besondere verwysing na die bestaanbaarheid van die manlike eersgeboorteregsreel in 'n grondwetlike konteks. Die metodologie is die van 'n kritiese analise van toepaslike wetgewing, regspraak en regsliteratuur, gesien teen die agtergrond van die besondere aard en kenrnerke van die inheemse erfopvolgingsreg.
Die inheemse erfopvolgingsreg word gekenrnerk deur intestate erfopvolging van manlike verwante in die patriliniese lyn, ter uitsluiting van vroue. Erfopvolging is nie beperk tot enkelvoudige huishoudings nie, maar omvat ook meervoudige huishoudings. Verskeie inheemsregtelike meganismes word aangewend om die opvolging van 'n manlike erfopvolger te verseker, wat ingevolge die inheemse reg verplig is om die oorledene se gade(s) en afhanklikes te onderhou. Regspraak in die eertydse Appelhofvir Kommissarishowe bevestig die erkenning en toepassing van die manlike eersgeboorteregsreel, met die gepaardgaande onderhoudsverpligting op die erfopvolger. Die regspraak blyk geen onderskeid tussen die toepassing van die eersgeboorteregsreel ten opsigte van die verdeling van goed en opvolging in status te maak nie, hoewel veldnavorsing skyn aan te toon dat die "lewende" inheemse reg duidelik tussen die twee begrippe onderskei. Veldnavorsing bevestig afwyking van die manlike eersgeboorteregsreel ten opsigte van die verdeling van goed, maar daar is weinig bewys van die nie-erkenning van die manlike eersgeboorteregsreel ten opsigte van die opvolging in status. Die toepassing van die manlike eersgeboorteregsreel word deur wetgewing gesanksioneer primer deur die aanwysing van die huwelikstatus en -vorm van die erflater as deurslaggewende faktor in die aanwysing van 'n toepaslike regstelsel ooreenkomstig die inteme konfliktereg. Hiervolgens vererf die boedel van ongetroude Swartes en Swartes getroud ooreenkomstig die inheemse reg ingevolge die inheemse erfopvolgingsreg. Enkele statutere bepalings maak voorsiening vir die diskresionere toepassing van die gemenereg.