Show simple item record

dc.contributor.advisorde Villiers, F.A.
dc.contributor.authorKnoetze, Elmarie
dc.date.accessioned2024-08-02T08:59:26Z
dc.date.issued2004
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/10886
dc.descriptionDoctor Legum - LLDen_US
dc.description.abstractHierdie studie het ten doel die ondersoek na die Swart vrou se reg om te erf, met besondere verwysing na die bestaanbaarheid van die manlike eersgeboorteregsreel in 'n grondwetlike konteks. Die metodologie is die van 'n kritiese analise van toepaslike wetgewing, regspraak en regsliteratuur, gesien teen die agtergrond van die besondere aard en kenrnerke van die inheemse erfopvolgingsreg. Die inheemse erfopvolgingsreg word gekenrnerk deur intestate erfopvolging van manlike verwante in die patriliniese lyn, ter uitsluiting van vroue. Erfopvolging is nie beperk tot enkelvoudige huishoudings nie, maar omvat ook meervoudige huishoudings. Verskeie inheemsregtelike meganismes word aangewend om die opvolging van 'n manlike erfopvolger te verseker, wat ingevolge die inheemse reg verplig is om die oorledene se gade(s) en afhanklikes te onderhou. Regspraak in die eertydse Appelhofvir Kommissarishowe bevestig die erkenning en toepassing van die manlike eersgeboorteregsreel, met die gepaardgaande onderhoudsverpligting op die erfopvolger. Die regspraak blyk geen onderskeid tussen die toepassing van die eersgeboorteregsreel ten opsigte van die verdeling van goed en opvolging in status te maak nie, hoewel veldnavorsing skyn aan te toon dat die "lewende" inheemse reg duidelik tussen die twee begrippe onderskei. Veldnavorsing bevestig afwyking van die manlike eersgeboorteregsreel ten opsigte van die verdeling van goed, maar daar is weinig bewys van die nie-erkenning van die manlike eersgeboorteregsreel ten opsigte van die opvolging in status. Die toepassing van die manlike eersgeboorteregsreel word deur wetgewing gesanksioneer primer deur die aanwysing van die huwelikstatus en -vorm van die erflater as deurslaggewende faktor in die aanwysing van 'n toepaslike regstelsel ooreenkomstig die inteme konfliktereg. Hiervolgens vererf die boedel van ongetroude Swartes en Swartes getroud ooreenkomstig die inheemse reg ingevolge die inheemse erfopvolgingsreg. Enkele statutere bepalings maak voorsiening vir die diskresionere toepassing van die gemenereg.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectInheemse erfopvolgingsregen_US
dc.subjectManlike eersgeboorteregsreelen_US
dc.subjectOpvolging in statusen_US
dc.subjectV erdeling van goeden_US
dc.subjectSwart vrouen_US
dc.titleDie swart vrou se reg om te erfen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US
dc.description.embargo240220


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record