Show simple item record

dc.contributor.advisorvan Wyk, S.
dc.contributor.authorCloete, Glenda
dc.date.accessioned2021-04-29T09:11:55Z
dc.date.available2021-04-29T09:11:55Z
dc.date.issued2014
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/8249
dc.descriptionMagister Artium - MAen_US
dc.description.abstractHierdie studie onderneem 'n analise van Bettina Wyngaard se debuutroman Troos vir die gebrokenes (2009). Die fokus val spesifiek op die uitbeelding van huishoudelike geweld en die wyse waarop die karakters hierdie kwessie hanteer en met die uitdagings van versoening en vergifnis wroeg. Eerstens word agtergrondgegewens omtrent die roman en die auteur verskaf. Die motivering vir die studie asook die probleemstelling word uiteengesit. Daarna volg 'n oorsigtelike blik oor huishoudelike geweld. Die teoretiese begronding van die omskrywing van postkolonialisme en die kenmerkende verskynsels van postkoloniale literatuur word belig. Daar word ook lig gewerp op die kritiese perspektief vanuit die swart feministiese oogpunt. Die studie maak gebruik van 'n saamgestelde leesmodel waarin die konsepte en argumente van 'n verskeidenheid literatuurteoriee aangepas en benut word. Daarna kom die teksanalise aan die beurt. Daar word veral klem gele op die hoofkarakter Frieda Daniels. Verskeie kante van haar karakter word belig, onder andere haar uitbeelding as die willose slagoffer van huishoudelike geweld, asook hoe sy as die anker en rolmodel van die gemeenskap uitgebeeld word. Nog 'n belangrike aspek is haar rol as agent van verandering en haar wroeging met emosies wat wissel van bitterheid tot versoening. Daar word ook geraak aan die rol van die kerk in haar verhouding met die patriargie en die noodlydendes n Volgende aspek is die uitbeelding van ander vroulike karakters. Die fokus val op Ma Mina as 'n belangrike teespeler en haar rol as vrou met moed en selfvertroue. Die ander vroulike karakters soos Lilly, Lucy, Linda en Leonie se onderskeie rolle word ook bestudeer. 'n Kritiese perspektief op die voorstelling van geslagsrolle is onderliggend aan die analise. Die uitbeelding van die manlike karakters kom vervolgens onder die loep sodat met balans gekyk kan word na die hantering van geslagsrolle in die teks. Die studie ondersoek onder andere die karakter John Daniels binne die gegewe van aandadigheid, berou en verantwoordelikheid. Ter afsluiting word gekyk na die samelewingstrukture en die wyse waarop dit op huishoudelike geweld reageer. In die slothoofstuk word die bevindinge van die studie opgesom en saamgevaten_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectPostkolonialismeen_US
dc.subjectGemarginaliseerdesen_US
dc.subjectIdentiteiten_US
dc.subjectHuishoudelike gewelden_US
dc.subjectVersoeningen_US
dc.subjectVergifnisen_US
dc.subjectPatriargieen_US
dc.titleVroue en huishoudelike geweld in troos vir die gebrokenes van Bettina Wyngaarden_US
dc.typeThesisen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US
dc.description.countrySouth Africaen


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record