Library Portal | UWC Portal | National ETDs | Global ETDs
    • Login
    Contact Us | About Us | FAQs | Login
    View Item 
    •   ETD Home
    • Faculty of Community and Health Sciences
    • Department of Psychology
    • Magister Artium - MA (Psychology)
    • View Item
    •   ETD Home
    • Faculty of Community and Health Sciences
    • Department of Psychology
    • Magister Artium - MA (Psychology)
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die terapeutiese effektiwiteit van hipnoterapie soos toegepas op studente met gewigsprobleme

    Thumbnail
    View/Open
    Thesis (100.7Mb)
    Date
    1992
    Author
    Jacobs, Joachim John
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    In 'n geïndustrialiseerde en Westers-georiënteerde samelewing, kenmerkend van sommige bevolkingsektore van Suid-Afrika, is 'n slanke figuur soms aanduidend van skoonheid en gesondheid. Dit is daarom geensins buitengewoon dat gewigsbewustheid een van die belangrikste verskynsels van ons tyd is nie. Duisende oorgewig-persone poog om 'n "norm" van slankheid na te streef (Polivy & Herman, 1987). Estetiese oorwegings is egter nie die. enigste rede waarom mense gewigsbewus is nie. Versekeringstatistieke dui toenemend daarop dat oorgewig-persone 'n hoër mortaliteitsyfer toon (Stunkard, stinnet & Smoller, 1986). Hierdie uiters nadelige gevolge van oorgewig is tweërlei van aard, naamlik psigies en fisiek. Spesifieke fisieke gevolge waarna in die literatuur (Kirschner, Schneider, Ertel & Gorman, 1988; Millar & Stephens, 1986) verwys word, is beroerte, diabetes, kardiovaskulêre- en ortopediese komplikasies. Op sielkundige vlak verwys Stunkard et al. (1986) na sielkundige stoornisse wat uniek is aan die obese populasie. Hierdie stoornisse kan terug gevoer word na die belewenis van uitermatige sosiale diskriminasie en vooroordeel (Rodin, Schank, Striegel & Moore, 1989). Hoër vlakke van stres, angs,depressie en In verwronge liggaamsbeeld word met die oorgewig-persoon geassosieer (Rodin et al., 1989; Stunkard et al.,1986). In talle gevalle moet hierdie sielkundige las as die grootste negatiewe gevolg van obesiteit beskou word. In Bykomende verskynsel ten opsigte van die probleem van oorgewig is die toename in die oorgewigsyfer van die wêreldpopulasie. Oberholzer (1984) beweer dat alreeds eenderde van die Suid -Afrikaanse bevolking oorgewig is. Ten spyte van die toename in die oorgewigsyfer word In begrip van die verskynsel bemoeilik deur die magdom teoretiese aannames en teenstrydighede rakende die etiologie, behandeling, en voorkoming daarvan. Ten opsigte van die etiologie van obesiteit besef te min klinici die multifaktoriale aard van die verskynsel en verklaar hulle dit dikwels slegs vanuit In enkele perspektief (Sobal & Stunkard, 1989) . Met betrekking tot die behandeling daarvan bestaan daar In wye verskeidenheid van benaderings wat chemoterapie, chirurgie, dieetterapie, akupunktuur, fisieke oefening en psigoterapie insluit.
    URI
    http://hdl.handle.net/11394/8414
    Collections
    • Magister Artium - MA (Psychology)

    DSpace 6.3 | Ubuntu | Copyright © University of the Western Cape
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV
     

     

    Browse

    All of RepositoryCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    Login

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace 6.3 | Ubuntu | Copyright © University of the Western Cape
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV