Show simple item record

dc.contributor.advisorSonn, F.G.T.
dc.contributor.authorJacobs, Joachim John
dc.date.accessioned2021-09-02T09:51:32Z
dc.date.available2021-09-02T09:51:32Z
dc.date.issued1992
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/8414
dc.descriptionMagister Artium (Psychology) - MA(Psych)en_US
dc.description.abstractIn 'n geïndustrialiseerde en Westers-georiënteerde samelewing, kenmerkend van sommige bevolkingsektore van Suid-Afrika, is 'n slanke figuur soms aanduidend van skoonheid en gesondheid. Dit is daarom geensins buitengewoon dat gewigsbewustheid een van die belangrikste verskynsels van ons tyd is nie. Duisende oorgewig-persone poog om 'n "norm" van slankheid na te streef (Polivy & Herman, 1987). Estetiese oorwegings is egter nie die. enigste rede waarom mense gewigsbewus is nie. Versekeringstatistieke dui toenemend daarop dat oorgewig-persone 'n hoër mortaliteitsyfer toon (Stunkard, stinnet & Smoller, 1986). Hierdie uiters nadelige gevolge van oorgewig is tweërlei van aard, naamlik psigies en fisiek. Spesifieke fisieke gevolge waarna in die literatuur (Kirschner, Schneider, Ertel & Gorman, 1988; Millar & Stephens, 1986) verwys word, is beroerte, diabetes, kardiovaskulêre- en ortopediese komplikasies. Op sielkundige vlak verwys Stunkard et al. (1986) na sielkundige stoornisse wat uniek is aan die obese populasie. Hierdie stoornisse kan terug gevoer word na die belewenis van uitermatige sosiale diskriminasie en vooroordeel (Rodin, Schank, Striegel & Moore, 1989). Hoër vlakke van stres, angs,depressie en In verwronge liggaamsbeeld word met die oorgewig-persoon geassosieer (Rodin et al., 1989; Stunkard et al.,1986). In talle gevalle moet hierdie sielkundige las as die grootste negatiewe gevolg van obesiteit beskou word. In Bykomende verskynsel ten opsigte van die probleem van oorgewig is die toename in die oorgewigsyfer van die wêreldpopulasie. Oberholzer (1984) beweer dat alreeds eenderde van die Suid -Afrikaanse bevolking oorgewig is. Ten spyte van die toename in die oorgewigsyfer word In begrip van die verskynsel bemoeilik deur die magdom teoretiese aannames en teenstrydighede rakende die etiologie, behandeling, en voorkoming daarvan. Ten opsigte van die etiologie van obesiteit besef te min klinici die multifaktoriale aard van die verskynsel en verklaar hulle dit dikwels slegs vanuit In enkele perspektief (Sobal & Stunkard, 1989) . Met betrekking tot die behandeling daarvan bestaan daar In wye verskeidenheid van benaderings wat chemoterapie, chirurgie, dieetterapie, akupunktuur, fisieke oefening en psigoterapie insluit.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Western Capeen_US
dc.subjectLipostatiese teorieen_US
dc.subjectFisiologieseen_US
dc.subjectEndokrinologiese faktoreen_US
dc.subjectEtiologieen_US
dc.subjectMinnesota Multiphasic Personality Inventory (MMPI)en_US
dc.subjectPsigosomatiese teorieen_US
dc.titleDie terapeutiese effektiwiteit van hipnoterapie soos toegepas op studente met gewigsproblemeen_US
dc.rights.holderUniversity of the Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record