Show simple item record

dc.contributor.advisorBak, Nelleke
dc.contributor.authorUlster, Henry Evan
dc.date.accessioned2020-11-17T09:46:14Z
dc.date.available2020-11-17T09:46:14Z
dc.date.issued1990
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11394/7492
dc.descriptionMagister Educationis - MEden_US
dc.description.abstractM.Ed. mini-tesis, Departement Filosofie van die Opvoeding, Universiteit van wes-Kaapland. Hierdie mini-tesis ondersoek die gebruik van geweld deur die Suid-Afrikaanse regering as regverdiging om'n ~ "demokratiese" staat instand te hou asook die gebruik van geweld deur magte wat "n "meer" demokratiese staat daar wil stel. In Hoofstuk 1 word daar geargumenteer dat die gebruik van geweld 'n morele kwessie is en word daar onder meer verwys na die verskillende soorte geweld wat aangetref word. Veral word daar gekyk of alle burgers " onder die verpligting is om die staat te gehoorsaam en of hierdie gehoorsaamheid onreflektiewe gehoorsaamheid is. In Hoofstuk 2 word gekyk of dwang ooit geregverdig is deur te kyk na die verband tussen Positiewe en Negatiewe Vryheid en dwang. In Hooofstuk 3 word daar kortliks gekyk na waarom die demokrasie die mees aanvaarbare vorm van regering vir die mens as rasionele wese is. Daarna (Hoofstuk 4) word ondersoek ingestel na eerstens die verband tussen moraliteit en demokrasie en tweedens na die verband tussen demokrasie en geweld deur te verwys na die klassieke en die kontempor~re teorie~ van demokrasie. In Hoofstuk 5 word daar veral gekyk na watter ruimte, indienenige, daar vir wettige teenstemming "dissent" in 'n demokrasie bestaan asook hoe daar binne 'n demokrasie teenstemming gebied kan word en watter beperkinge daar op vryheid van spraak en assosiasie as wettige teenkanting is. Daar word dan ook kortliks gekyk na hoe geweld indruis teen demokratiese prosedure en of daar ook ander faktore is wat die demokratiese proses beinvloed. In Hoofstuk 6 kyk ek na hoe die polemici voordeel probeer trek deur die konsep "geweld" op 'n bepaalde manier te hanteer deur daarop te wys dat "geweldloos" nie die teenoorgestelde van "gewelddadig" is nie. Verskeie vorme van geweldlose verset of pasifisme word kortliks ondersoek en word uitgewys dat ook daar 'n vorm van dwang teenwoordig is. Die verband tussen demokrasie en geweldlose verset word dan ondersoek. In Hoofstuk 7 word gekyk na geweld in die Suid-Afrikaanse skolestelsel deur te wys op hoe die studente en die staat onderskeidelik die konsepte geweld en demokrasie hanteer en toepas. Daar word kortliks uitgewys dat vrede nie sinoniem met egverdigheid is nie. Veral word gekyk na die polisie en weermag en morele regverdiging van geweld. In Hoofstuk 8 word gekyk na wat bedoel word met 'n demokratiese onderwysstelsel deur veral te kyk na 'n model van deelnemende demokrasie en hoe studente-praktyke moontlik aanleiding tot geweld kan gee. In Hoofstik 9 word 'n kort samevatting van die argument gegee.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of Western Capeen_US
dc.subjectSouth Africanen_US
dc.subjectViolenceen_US
dc.subjectDemocratic stateen_US
dc.subjectNonviolenten_US
dc.subjectpositive and Negative Freedom and forceen_US
dc.title'n kritiese analise van geweld en pasifisme en 'n ondersoek na die verband tussen demokrasie en vrede met spesiale verwysing na die Suid-Afrikaanse onderwysstelselen_US
dc.rights.holderUniversity of Western Capeen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record