'N doelwitbestuursmodel vir werkverrigtingbevordering op plaaslike owerheidsvlak
Abstract
Plaaslike owerheidsaangeleenthede in Suid-Afrika het in die algemeen deurlopend heelwat
aandag vanaf owerheidsweë geniet (cf. die talle verslae en bevindings van komitees van
ondersoek na aangeleenthede rakende plaaslike bestuur sedert Uniewording in 1910). Hierdie
proses is sedertdien voortgesit, maar vanaf 1994 het dit verdere momentum verkry met die
nuwe grondwetlike bedeling wat tot stand gebring is. 'n Verskeidenheid van wetgewing het
gevolg wat spesifiek op plaaslike owerhede van toepassing is. Die belangrikste hiervan is die
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; die Oorgangswet op Plaaslike Regering,
1993; Oorgangswet op Plaaslike Regering Tweede Wysigingswet, 1996; Wet op
Ontwikkelingsfinansiering, 1995; Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998; Wet
op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000; asook' die belangrike Witskrif op Plaaslike
Regering van 1998. Hierdie verwikkelinge vestiq weer eens die aandag op die belangrikheid
van instellings op die derde owerheidsvlak. Soos aanvanklik die geval was, is die oogmerk
tans ook om onder andere werkverrigting en dienslewering te bevorder en effektiewe en
doeltreffende aanwending van skaars hulpbronne te verseker. Hierdie aangeleentheid het veral
momentum verkry met die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP), wat in 'n groot mate op
plaaslike oweheidsvlak afgestem is.